• Help Support The Rugby Forum :

[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Dis 'n joke gekry van my Bull pel af tjomper, cheer up
 
Hein, om die waarheid te se ek sal nie omgee as die hele SR en toetse hul gat sien en ons net Currie cup speel nie op die oomblik. Is dit te veel gevra dat ouens net hul werk doen? Hoekom is nie-SA refs so kak?
 
Nee fok ek weet nie. Maar ek dink SARU moet nou begin hul broek optrek, belt vas maak en ophou rondfok!

dis tyd dat ons nou ons stem dik maak want dit kan nie so aangaan nie!! Ek is so die bliksem in dat vandag 'n nuwe fokken tv remote moet gaan koop want ek het myne stukkend teen die muur gegooi.

En toe verloor die Bulle nog teen 14-man!! dit was lag-lag die kakste Saterdag wat ek nog ooit gehad het!
 
SARU moet aandring op die beste skeidsregters vir die 'grootste' kragmetings. Fok die feit dat SA skeidsregters dan SA spanne sal blaas; hulle sal steeds 50 maal die kwaliteit op die veld lewer as wat ons die afgelope tyd gesien het. Hul mag dalk selfs ander spanne bo SA spanne bevoordeel, maar in my opinie sal die eindresultate darem iets nader aan 'n ware prentjie oplewer. Fok weet ek is moeg vir die kak wat ons moet opvreet.

Ten minste het die WP darem later my gemoedere 'n bietjie gelig :p
 
Is enige een van julle bewus van Radio Raps??

Hierdie knaap is fokken snaaks!!
 
Last edited by a moderator:
SANRAL het wraggies nou sy beste skrikmaakmasker opgesit maar, blykbaar is daar meer mense wat geskrik het vir Elsabe Zietsman toe sy haar klere begin uittrek as vir hierdie patetiese spul.
Sien, die nuutste is dat as jy onder een van Sentraal Transvaal se nuwe diskoligte deurry, en die enigste skyfies in jou motor is slap skyfies, Simba-skyfies of jou lisensieskyfie, dan begin die tyd aftel.
Die bewering is dat jy dan onder druk behoort te verkeer omdat jy net sewe dae het om die rekening te betaal! Maar spaar 'n gedagte vir arme Siphiwe wat met die rekeninge werk. Die probleem is dat jy nie weet wat jou rekening is nie, so die druk is op Siphiwe om die rekening by jou te kry binne sewe dae, maar die probleme is legio.
Eerstens leef ons in 'n land waar die onderwysers (wat grade verwerf het by universiteite…wel sommige van hulle) nou toetse moet skryf om hul bevoegdheid in hul eie vakke te bewys.
Hoe goed kan Siphiwe se opleiding dan wees, wat aangestel is op grond van sy Bar-one skakering ten spyte daarvan dat hy die kwaliteitbeheer toets gedruip het by die Cadbury fabriek!
Tweedens bevat elke sewe dae 'n Saterdag, Sondag en 'n loslit-ek-dra-my-springbok-trui-en-doen-niks-nie Vrydag.
Derdens neem dit die land se posdiens drie dae om elke brief te kry, te sorteer, oop te stoom om te kyk of hulle iets kan steel, weer toe te Pritt en dan by die verkeerde plek af te lewer.
Vierdens gaan die persoon aan wie dit gerig is, kom ons noem hom maar Hoofsweep Tollie Weiers, die ding in die asblik gooi as dit nie per geregistreerde pos is nie.
Dit laat Siphiwe met een dag, minus sy eerste teebreuk, sy rookbreuk, tweede teebreuk, sy middagnando's breuk, sy middagtee breuk en sy middagrookbreuk, waarin hy die rekenaar moet ontsyfer, die die taxi's moet uitsif wat vrygestel is van e-tjol, die Milkiebar's moet identifiseer en dan hul rekening van R2-30 (vir die ou wat net van Lynwood tot Atterburylaan op die snelweg was) per geregistreerde pos teen 'n koste van R14-50 vir hul aanstuur.
As hulle dit regkry en jy nie betaal nie, kan hulle jou hof toe sleep, want die howe is vanweë die lae misdaadsyfer gelukkig totaal onderbenut en glad nie vol nie!
As jy dink jy word onder druk geplaas, dink aan arme Siphiwe!
 
Waarna kyk ek? Ja, daar is nie veel meer.. walglik as meisies wat soo baklei nie (veral hierdie eensydige kak!). Gelukkig darem nie iets algemeen nie; tensy dit net te lanklaas is wat ek op skool was.
 
Wat my afpis is dat Niemand iets doen nie!! fok die meisie staan daar en vat die punches, slaan nie terug nie. en al die seuns kyk net en neem dit af! Daai blonde meisie is net so skuldig soos die ander een.

Ek hoop sy sit fokken lank in die tronk! Kommin fokken kinners!!
 
die ou is mal snaaks, check sy golf lesse ene ook
 
/faceplam, sorry man, weet ek het dit iewers gesien
 
SARU moet aandring op die beste skeidsregters vir die 'grootste' kragmetings. Fok die feit dat SA skeidsregters dan SA spanne sal blaas; hulle sal steeds 50 maal die kwaliteit op die veld lewer as wat ons die afgelope tyd gesien het. Hul mag dalk selfs ander spanne bo SA spanne bevoordeel, maar in my opinie sal die eindresultate darem iets nader aan 'n ware prentjie oplewer. Fok weet ek is moeg vir die kak wat ons moet opvreet.

Ten minste het die WP darem later my gemoedere 'n bietjie gelig :p

As a Dutchie, I get around 95% of this post (and of course the general meaning is 100% clear). Can you guys read Dutch as well?
 
As a Dutchie, I get around 95% of this post (and of course the general meaning is 100% clear). Can you guys read Dutch as well?

I can, My Grandfather was a dutchie... and when I was a kid, I used to read his books he brought with him... I sometimes struggle with a word but not that often. Speaking is a whole different ball game though...
 
As a Dutchie, I get around 95% of this post (and of course the general meaning is 100% clear). Can you guys read Dutch as well?

I'd say I can read with just about 100% of the meaning being clear, yes. Like Hein said above, here and there I might have to look up a specific word but on the whole its not a problem.
 
SARU moet aandring op die beste skeidsregters vir die 'grootste' kragmetings

would become

SARU moet aandringen op de beste scheidsrechters voor de 'grootste' krachtmetingen.

Amazing how well it's been preservered.
 
Pretty close yeah

my surname is "van Vuren" there's a town in Southern Holland called "Vuren" - my ancestors came from there
 
Latest posts

Top