• Help Support The Rugby Forum :

[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Kom ek herhaal myself;. eeueoueooieuiers. Ons kan teruggaan na my oorspronklike pos.

Maar, Hein, laat ons nou ook nie histeries raak nie. Fok weet, ons manne swoeg deur genoeg drama weens die fraaier geslag. Ek glo darem jy is bietjie tong-in-die-kies hier, of hoe?

Hoe gaan dit andersins met jou, ou maat? Ek weet as nuutgetroude was dit maar 'n storie om daai 'legkaartstukkies' te MAAk pas.
 
die langste woord met net vokale! dis pragtig.

Ek persoonlik het 'n baie kak tyd agter die rug.

Na ons wittebrood was ek vir 4 weke by die werk en dit het heel rustig gegaan, en toe tref die kak my dubbel en dwars!

1. My kar, se enjin het opgepak, en omdat die ding al 10 jaar oud is, sukkel ek my pere af om 'n nuwe enjin te kry. Ek was vir 2 maande karloos! My kar staan nou nog by die mechanic, en ek is nou op 'n waglys vir 'n tweedehandse enjin.
2. Ek het intussen vir my 'n nuwe kar gekoop op 'n veiling vir 'n goeie prys, omdat ek in elk geval my ou kar wou verkoop. So ek het nou ekstra skuld om af te betaal totdat ek my ou kar kan smous.
3. Ek was gebliksem met griep, bronchitis en 'n keel infeksie op dieselfde tyd. Ek was vir 'n week siek in die bed, kon tot en met Saterdag glad nie praat nie en was net oor die algemeen baie frustreerd met myself.
4. Ek het my broer se skaaphond die laaste maand opgepas terwyl die fokker lekker in Europa rond dwaal. Die hond het my besproeing, my splinternuwe Solomon Skoene en 'n hele paar van my vrou se skoene opgefok!
5. my vrou se neef, was gediagnoseer met bloedkanker, en dit is ons aangename taak om elke fokken aand 30km uit die dorp uit in die swartgebeid in te ry om vir hom te gaan kuier omdat die bliksem nie mediese fonds het nie (al is sy ma 'n fokken suster by die Mediclinic). En ook omdat ons die enigste familie is wat binne 300km radius van die hospitaal af bly. Fok, voordat hy in die hospitaal was het ek hom nog nooit eers ontmoet nie, en my vrou het hom laas gesien toe hulle 7 jaar oud was. Nou moet ons elke aand vir hom kos maak, by hom in die koue gaan kuier op 'n baie onveilige pad, terwyl sy eie gesin fokkol moeite doen.
6. Agv die pasiënt, mis ek nou my gym, en het ek nog glad nie gaan oefen vandat ek terug is van my wittebrood nie.

Verder gaan dit goed, en by jou?
 
Dit klink nogal rof! EK weet om so siek te wees maak alles net nog meer onaangenaam, maar ek is seker dinge sal gou draai en ek dink dit is baie goed van julle om so moei te kyk na haar siek neef! Die feit dat hy basies 'n onbekende is vir jul albei maak dit net nog meer betekenisvol al is dit verseker 'n las; veral vir 'n nuutgetroude paar met baie wat aangaan. Glo my maar, julle sal geseend wees daarvoor!

My vrou en kleintjie het self nou die griep onder lede en dit lyk na een wat moeilik laat los, maar ek staan nog sterk. Dit gaan goed andersins. Ons trek nou net nader aan ons ouers sodat hulle bietjie kan help met die kleintjie om my bietjie meer tyd te gee. 'n Bietjie slegter area, maar ons het 'n lekker groot erf gekry oorkant 'n nog goeie laerskool (nog een van die min suiwer Afrikaanse skole hierrond so dit lok nie.. wel, jy weet..) so ons is nogal opgewonde daaroor. Ek is net bietjie senuagtig en bang dat ek te veel afgebyt het met een slag, want ek gaan self bou (het reeds baie materiaal aangekoop soos ek dit kry vir goeie pryse) en is besig om 'n nuwe maatskappy te probeer op die been bring als so deur mekaar. Maar ek vertrou dit is die regte besluite.

Jy moet maar jou broer se om pare mooi skoene terug te bring van Europa af! So 'n skaaphond is veral gewoonlik 'n bliksem!
 
Nou dat jy praat van bou, ek het ook tussen al die kak 'n braai area laat bou by my meenthuis. wat 'n fokkop! dit het die ou 3 weke gevat om die muurtjie, die blad en die skoorsteen te bou. en hy het 3 verskillende ouens gekry om te pleister, nadat hy hulle een vir een weg gejaag het.

Nee wat, soms dink ek om self te bou is miskien nie 'n kak idee nie, maar in my geval sal dit nie werk nie, omdat ek glad nie tegnies aangelê is of enigsins weet van bou, boor of steen lê nie.

En vir my broer, ek weet al klaar hy gaan terugkom met niks nie, die bliksem sluit sy trip af in Holland by die familie, en ek weet al klaar hy gaan die dagga geniet.

Ek is bly om te hoor oor die skool wat jy gekry het vir die kleintjie. Hier in Pietersburg is daar nogal baie afrikaanse laerskole nog oor, en ons het ook 2 groot afrikaanse Hoërskole. Daar het ook so paar jaar terug 'n afrikaanse privaatskool oopgemaak, en my pa is by 'n ontwikkeling betrokke waar hulle nog 2 skole gaan bou waarvan een 'n afrikaans hoër en laer skool saam gaan wees.
 
well those are good reasons stormer. Not that France or French culture are even nearly perfect or flawless, quite far from it actually, but in truth the French language really is a beautiful one. It's a bit of a hard route; and really not that hard, given you speak formal English; but you can be sure it's worth it, and you're not losing your time.

And yes there are "faux-amis" (literally 'false friends') between French and English but they're very rare. By far most of the time a same word betw. the two languages means exactly the same thing.
One common example would be "eventually" and "éventuellement". In English it means 'at some point' and in French it means 'possibly'.

Good luck, and ask away whenever.
 
Ek is Afrikaans :D

Lekker om mede afrikaans sprekendes te kry op die internet.

Ek was nou al paar keer oorsee, en dis altyd lekker om mede afrikaans sprekendes in oorsese lande raak te loop :)
 
Net in Suid-Afrika!!

10628440_10204684406413241_8028547551646855565_n.jpg
 
Waar is jy gebaseer, meneer?

Ek wonder nogal hoeveel water al gemors is. Mense sal nog leer.

Ek's in P.E.
Was 10 jaar in JHB, amper 3 jaar terug in PE, waar ek groot geword het, maar wil terug na JHB keer. Dis my huis daai :)
 
Hi ek wil myself net voorstel. Ek is van pietermaritzburg bly nou in Jo'burg (te droog hier ek kort die groen omgewing van natal ). Ek is al n hele rukkie op hierdie forum, maar net nou onlangs begin post.
 
Welkom!

net 'n tip, probeer om net Afrikaans op hierdie "thread" te praat, sodat die kwaai mods jou nie iewers anders uitkak nie.

My skoonouers bly in PMB!
 
Welkom, Unrated! Donner, maar daar is nogal 'n paar boereboeties wat hier op die forum nou uithang. Hoop julle bly aan, manne!

Heineken, dit is skerp, ja. Ek gee dit vir jou.
 
Dankie Stormer. Lekker om terug te wees. Altyd lekker om rugby te gesels.
 
Welkom terug. Jy moet eintlik nou jou respekte toon aan Stormer, hy is nou ge-upgrade na 'n moderator toe. Hy mag basies vir jou sê jy moet fokof as jy kak aanjaag.
 
Latest posts

Top