• Help Support The Rugby Forum :

[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Ai tog, wens die rugby wil al begin.... my voete jik :D

Mens kry poeier daarvoor.

ITV die rugby, ja dit sal lekker wees as hierdie laaste paar daggies maar net kon fok'of.

Wat my darem bietjie gedra het hierdie laaste tyd is ek het 'n Europese span soortvan aangeneem in Racing Metro 92 'n paar jaar terug toe Fransie Steyn vir hulle begin het en dit begin nou dividente uitbetaal; hul begin nou lekker rugby speel, is in beide die Franse Top14 en snaaks genoeg heelbo-aan die punteleer van die 'ECC' (die nuwe Heineken Cup). Die bonus is hul het 'n hele paar van ons manne daar; Johan Goosen, Francois van der Merwe (Flip se boeta wat 'n briljante speler is), Juandre Kruger, Brian Mujati en as ons hul nog tel; Bernard le Roux en Antonie Claassen wat nou vir Frankryk uitdraf. Hul speel basies hierdie hele tyd wat ons rugby 'n breek vat.
 
so wat dink die Bul ondersteuners ? Gaan Pierre Spies 'n volle seisoen maak ?
 
Ek probeer elke jaar to NH toernooi volg, maar ek sukkel. Ek dink teen Desember is ek net moeg vir al die rugby dat ek myself die breuk gee tot die Super Rugby weer begin. Ek kyk gereeld die hoogtepunte, maar fokkit, ek raak aan die slaap. Ek weet nie hoekom nie, maar dit het nie vir my die effek wat SH rugby het nie. Dit kan dalk net wees dat die kommentators so fokken irriterent is...

so wat dink die Bul ondersteuners ? Gaan Pierre Spies 'n volle seisoen maak ?

Ek dink en hoop so. Ek wil graag hê hy moet weer op sy beste wees. Dit was nou hopeloos te lank dat 'n Stormer die agsteman posisie volstaan...
 
Ek is volgende week in Europa in Parys en Geneva op besigheid - juis met klomp Franse - hul is pleinweg vol kak die spesie
Dalk is ek lucky tov tyd en kan die Sharks vs. Loulon game kyk die Donderdag
 
So, wat dink die Stormers ondersteuners van die moontlikheid dat Eddie Jones die volgende afrigter gaan wees ?
 
Last edited:
Gert Smal, Jake White, Eddie Jones... Volgende op die lysie is Percy Montgomery wat weer op heelagter gaan speel.

Nie om te noem dat AC self ook deel van daai (wen)span was nie! Ek met se hul kan maar Bekker terugbring op die stadium, want ons het nie meer slotte nie!
 
Nie om te noem dat AC self ook deel van daai (wen)span was nie! Ek met se hul kan maar Bekker terugbring op die stadium, want ons het nie meer slotte nie!

Makro het nou 'n special op slotte:

MIN_181245_EAA.jpg
 
Kan regtig interessant wees om Stormers se speelstyl te sien onder Jones.
 
Ek dink dit ook Jones sal 'n goeie aanwins wees.

Maar ek is bekommerd dat daar al hoe meer buitelanders ingespan word as afrigters.

Hier is meer as genoeg bekwame afrigters, hulle wag net om 'n kans te kry.
 
Fok hulle, ons sal Jones vat, baie dankie. Ons is net 'n kwaliteit skakelpaar kort daarby.
 
... en 'n slot,

... en nog 'n slot,

... en nog 'n slot...

Ons is oorval met goeie slotte.. hulle is net almal op krukke is al. Elstadt en Rhodes sal piekfyn wees totdat die ander ysters terugkom.

Jimmy Stonehouse kort 'n kans by 'n groot unie.

Ek stem. Hy sal gou genoeg terug wees is my opinie. Die lekker ding is die Japanese liga hardloop amper apart van SR so hy kan 2 seisoene daar besig wees en direk terugkom.
 
Last edited:
En nou volgens Supersport, ontken Eddie Jones dat hy enigisins Stormers toe gaan. Miskien te vroeg om regtig so iets te bevestig ?
 
This

I worked with a stunning saffer girl about 15 years ago and when she cursed it soundly like she really meant it, I found it strangely arousing
 
Top