Pfft... hy's 'n storm trooper. Hy weet net nie dat ek Luke Skywalker is nie
Dankie vir die welkom
Kyk, ja. Okei.
Maar dit is 'n goeie idee om die 'avatar' te verander; daar is niks fout met dit as sulks nie mits jy nie 'n sin van.. estetika omtrent jou het nie.
Kan ek jou net raad gee... Verander jou avatar. ek het op 'n stadium vir Achmed as my avatar gehad en die manne van die noorde het mos nie 'n sin vir humor nie toe besluit hulle om my heeltyd kak te gee.
Arme Cheetahs (Kinders van die stof) - Moes jare terug al van Naka ontslae geraak het, dink hy's net te veel onder die invloed daar
Nie sover ek weet nie ITV sy klub/provinsiale rugby maar ek weet wel, hy is heel oorspronklik van die Paarl (soos 'n hele 1/4 van SA rugby). En sy bokkie is baie baie warm.Wat dink julle van Joe Pietersen by die Cheetahs ? Hy is mos oorspronklik van die Vrystaat, nie waar nie ?
Wat op dees aarde beteken 'ftfy', Heineken?ftfy!
Ek moet eerlik waar sê, die Cheetahs beindruk my glad nie. Ekt hulle nou dopgehou verlede Saterdag, en al wat hulle in die game gehou het was tackles en Joe Pietersen wat skop. Daar is fokol kreatiwiteit.
Dit is asof hulle die weeskind is van SA rugby. Hulle kry al die "off-cuts". Meeste van hulle spelers is rejects van ander spanne want hulle is "one-trick ponies"...
Nie sover ek weet nie ITV sy klub/provinsiale rugby maar ek weet wel, hy is heel oorspronklik van die Paarl (soos 'n hele 1/4 van SA rugby). En sy bokkie is baie baie warm.
Wat op dees aarde beteken 'ftfy', Heineken?
Ek stem saam met jou opinie heens die Blikore. Op daai trant het Pietersen ook 'n akurate skopskoen en bitter min andersins benewens die warm bokkie waarvan ek gepraat het en ek neem aan 'n beursie vol Euro tensy sy vrou bietjie bos gegaan het met skoene koop daar in die Franse boutiques. Ek skat hy het als wat 'n man ooit sou nodig he, maar dit gaan nie die Cheetahs se saak help nie. Miskien bring Le Roux weer iets vir hulle. Hop hy kry weer vorm, want hy was maar nie veel meer baat vir SA laas jaar as wat hy ons onder druk geplaas het nie. Die man wat die Cheetahs die meeste mis daaragter IMO is Rob Ebersohn. Hy saam met hul pak was aan die voorpunt van hul goeie 2013 seisoen. dis nie 'n toeval dat hul beste jaar die een was toe hulle aan hul spelers kon vasklou nie.
Ek kon net nie verstaan nie; ek dag ons gesels in Afrikaans in hierdie draad. Kyk bietjie daar na my afkortings in dese draadjie: ITV, TOV, IMO ens. Jy is die een wat jou moet skaam, broer! ;P
ag gaan kak jy... daai is 'n algemene webwerf-term, soos Lol en WTF!
moes ek eerder gesê het: RGVJ??
Nee, want 'reggemaak' is een woord. 'DRVJ' sou meer gepas wees...
Nou is ek bly jy ken my nie persoonlik nie en bly nie naby my nie. Mens kan seker iemand se been net so ver trek voor hy jou voos slaan *_*