• Help Support The Rugby Forum :

[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Heyneke se span (volgens die anti heyneke klub)

15 - Jaco vd Westhuizen
14 - Akona
13- Meisiekind
12 - Ettienne Botha, Ja ek weet maar kyk wat het met Lazarus gebeur
11 - Habana
10 - Derrick Hougaard
9 - FDP
8 - Anton Leonard
7 - Spies
6 - Pedrie Wannenburg
5- Victor
4 - Bakkies
3- Bees Roux
2- Gary Botha
1- Guthro

Nie spelende kaptein- Joost

BWAHAHAHAHA!! Daai is Kwaliteit!!!
 
Cheetahs beteken baie meer as die Lions wat gedrop moet word - weet jy like nie die Cheethas nie maar die Lions se rekord is baie swakker
Stormers gaan oor hul storm Saterdag

lol vir jou 2de span, vet lol!
 
hmm, wil hul regtig vir my se dat al die Europese clubs so vol kak is
Baie goeie spelers daar - Big Jo, Pedrie Wannenberg, Saun Sowerby en nog 'n kakhuis vol andere
 
Nuwe gerigte, berigte? Fok weet. anyway, Heyneke wil glo he JdV moet coach en hy moet op no. 13 speel. Ek dink dis 'n effense kakkerige idee aangesien JdV nie so goed is soos hy altyd was nie en sy span maar net die kakste aanval het in die hele kompetisie. En ek is 'n Stormer wat so se (gedeeltelike cheetah)
 
Ons was nooit goed met aanval nie. Ons was goed voor en spanne te wurg. Ons het ons eie styl en om n ander span soos Australia se styl te probeer speel of NZ wil eindig in a vokop meer as enige iets anders. Die Cheetahs speel mooi rugby druk baie driee maar takkel soos kak en verloor elke tweede wedstryd
 
Nee, ek stem saam, ons het ons eie styl, JA. Maar met die styl wat ons in die 2007 Wereldbeker gehad het, het ons nogsteeds omtrent elke wedstryd gewen met 4 driee, uitsluitend die twee Engelse games. Dit help nie ons speel soos die Stormers wat die beste fokken verdediging het as enige span in die kompetisie nie, maar ons kry fokol reg nie. Pressure verander nie altyd in punte in nie. Kyk ons spelpatroon in 2009 was wonderlik, mense het ons uitgekak oor ons boring rugby, maar ons het gewen.

Wel toe hou ons aan met daai spelpatroon en ons het nie AANGEPAS nie, en kyk wat het in 2010 en 2011 gebeur. Ons kon fokol attacking rugby speel nie, en ons verdediging was ook maar kak. Dit was te danke aan mense soos JdV en ander ou en stadige fokkers wat nie kon afrond nie.

Kyk, ja. Ons moet verdedig en versigtig speel, en die kicking game gebruik, maar as ons voorspelers goed speel en ons kan bal kry vir ons agterlyn, dan moet fokkers soos JdV nie net reguit in die opposisie vashardloop en absoluut fokol regkry nie. In 2008 het hy deur die verdediging gesny soos 'n mes deur botter. Nou fokken hardloop hy net kop eerste in soos 'n jagse buffel. (nie heineken nie)

As ons die bal kry moet ons nie dit gaan fokken wegskop permanent nie, want dit werk nie altyd nie. Ons gaan juis afkak as ons weer heeltyd hoe balle skop teen NZ en Aus, want dan hardloop hulle ons in flenters. Ja probeer dit, en ja try dit, en as dit genoeg druk veroorsaak kan ons tries score. Maar ek sal graag wil sien dat ons agterlyn begin leer hoe om die bal bietjie te fokken versprei, en ons skoppers kan gerus mik vir die KANTLYN van die opposisie se 22, dat ons kan druk daar toepas, nie 'n fokken hoe bal skop en dan druk die ANDER span die drie nie.

In die ou tyd is daar 'n rede hoekom Habana, Paulse, Fourie, Joost so baie drie gedruk het, want ons agterlyn kon tenminste 'n halwe beweging gedoen het. Jy se ons moet nie soos aus en nz speel nie, my fok man, ALMAL gebruik hulle agterlyn, nie net aus en nz nie. ALMAL. dis 'n kak storie "ons het ons eie styl bla bla bla" ek se nie ons moet die heeltyd fokken hardloop nie, of soos aus en nz speel nie. ek se net ons moet ons fokken AGTERLYN GEBRUIK!!!!!!!
 
Ek gee nie om vir skopwerk om die kern van ons spel te vorm nie, maar dan moet ons net soveel na die hoekies toe skop as direk in die lug op en ons lynstaanspel en opvolgwerk op skoppe moet dan akkuraat wees. Verdediging is ook natuurlik dan van primere belang vir die 60% wat jy nie die opposisie gaan omkant vang met die skopwerk nie en om munt te slaan uit die veldvoordeel wat jy behoort te he; pen ulle vas in hul 22 en kry die punte wanneer hulle fouteer. Natuurlik moet die aggressiewe verdediging daar wees om die foute af te dwing, want as jy wag vir 'n span soos NZ om fout te maak, mag jy dalk lank wag.
 
Last edited:
Kry 'n skrumsakel wat WIL speel soos Francois en meer en meer joung van Zyl en dinge sal verander.
Fourie in al sy glorie het die game verander na 'n taktiese game deur of self te skop of so stadig skoon te maak dis al wat Morne kon doen

Nuwe era, dink ons kan terug gaan en aanskoulike Bokrugby speel
 
Sien NZ baseer hulle spel op teen aanvalle. Hulle forseer die spanne om the skop dan begin hulle met die teen aanvalle. Hoe meer jy skop hoe meer kak jy. Ek sien ook die kak van fetchers en een tipe flank begin in ons rugby ook in the kruip. Lyk my as jy n fetcher is kry jy a scrumcap. Wat het van die flanke geword wat na sy losskakel kyk, die bal wen en bal hang in die agterlyn? Verdediging is ook nie so moeilik nie. In n wedstryd maak die agterlyn op die meeste 5 laag vatte waar die voorspelers 9 tot 10 maak. So as jy kak tackle dan is jou voorspelers gewoonlike die probleem. Of hulle hang gat op die veld of hulle tackle kak. Mnr. Pierre Spies jy is een van hulle wat soos sy hond se gat tackle. Keegan Daniel, Chadwick, Alberts, Coetzee, Nel, Duvenage almal hulle is gereelde misdadigers wat laagvatte mis. Alberts, Spies en Coetzee se verdediging is gelyk aan JP Petersen en Rob Horne. van der Walt, Kolisi en Brussow maak n helse klomp laag vatte elke game. Maar ons het mos die nuk on spelers te kies wat goed lyk op tv soos n stut wat 20 meter hardloop en n dummy gooi voordat hy score en sulke kak. Dieselfde met die vleuels. Baie keer kies hulle die kak vinnige een wat hol hang uitwyd en klomp driee druk. Dit lyk goed maar dis al wat hy doen. Verder hoor jy vokkel van hom en skrik homself moer toe as hulle op hom afhardloop. Spoed is vokkel werd as jy teen mure vashardloop. Wanneer las het jy n vleuel gesien sidestep in die land? Wanneer laas het ons n agterlyn beweging gesien in die land? Cooper het twee moves in sy arsenaal maar dit werk by keer vir hulle. Een van hulle is daai move wat Pieter Russouw en Lem gedoen het in NZ in Mallet se tyd waar ons hulle 13-3 gewen het. Dis ook die laaste keer wat ons daai move gedoen het. Ek sien die Crusaders begin nou wat die Brumbies gedoen het met tierlanteinkies in die agterlyn. Vok ek weet ons osse kan nie die bal rondsmyt soos hulle nie maar jy hoef nie n groot skill set te he om dit te doen nie. Dis basies net n ekstra speler op n ander plek in die lyn wat n mens nie verwag nie. Maar dis moeilik om sulke goed te doen met n vleuel wat hol hang die heeltyd daar teen die kantlyn of met senters wat die mooiste haarstylle van begin tot einde van die wedstryd asof hulle kamme erens wegsteek. Nie eers te praat van die pap gat binne senters wat nie eers oor die voordeel lyn kan kom nie. Die laaste ordentlike een was Pieter Muller. Met hom kon jy oor die voordeel lyn gekom het van n skrum af. As jy overlap het dan skip jy hom.
 
'n Paar waardevolle punte. Stem nie orals so seer saam nie of ek is net nie seker na wie jy almal oraal verwys nie. Nomineer asb 'n Bok 22, Grotbewoner?- dit sal nogal waardeer word en ver gaan om jou punte hierbo te illustreer.
 
1. Francois Steyn
2. Francois Steyn
3. Francois Steyn
4. Francois Steyn
5. Francois Steyn
6. Francois Steyn
7. Francois Steyn
8. Francois Steyn
9. Francois Steyn
10. Francois Steyn
11. Francois Steyn
12. Francois Steyn
13. Francois Steyn
14. Francois Steyn
15. Francois Steyn

16. Francois Hougaard
17. Francois Hougaard
18. Francois Hougaard
19. Francois Hougaard
20. Francois Hougaard
21. Francois Hougaard
22. Francois Hougaard

Nuffsaid!
 
'n Paar waardevolle punte. Stem nie orals so seer saam nie of ek is net nie seker na wie jy almal oraal verwys nie. Nomineer asb 'n Bok 22, Grotbewoner?- dit sal nogal waardeer word en ver gaan om jou punte hierbo te illustreer.
Wil jy n moerse stryery veroorsaak lol. Jy weet mos n Weepee en Blou Bul ondersteuners kan nie saam stem as hulle nugter is nie.

Oosthuizen
Strauss
Kitshoff
Etzebeth/Bekker
Kruger/Sykes
Brussow/Kolisi
Stander
van der Walt/J. Strauss
Hougaard
Steyn
Habana
de Villiers
Taute
Aplon
Lambie
 
Nie heeltemal verwydered van wat ek sou wou sien nie. Enige plek waar ek regtigwaar sou aandring op verandering is ek sou Taute op die bench he met Frans Steyn op 12. Meen jy Oosthuizen of Kitshoff op vaskop? Ek sou ook nie waag met hulle teen die Engelse nie.
 
Ek sou ook Lambie verkies op 10, hy is 'n ongelooflike goeie speler met baie talent op 10. Nie nodig om hom te mors op 15 nie wanneer ons baie talent het in J.Pietersen, H.Daniller, Taute en selfs Ludik.
 
Die loskop maak die tonnel mooi oop sodat die haker kan sien wanneer dit sy ingooi is. Die loskop probeer ook keer dat n agressiewe vaskop nie die skrum spoil nie. Wat die vaskop en haker doen is hulle val die haker van die ander span aan wat n twee teen 1 situasie veroorsaak wanneer die opponente ingooi. Die loskop is baie belangrik want hy moet tegniek he waar die vaskop 4 tot 5 sekondes van moerse druk weerstaan. So jy sien loskop speel n groot rol. Maar Kitchoff Oosthuizen is die keuse op loskop en Nel op vaskop. Wat het geword van Stephen Schoeman?
 
Ek sou ook Lambie verkies op 10, hy is 'n ongelooflike goeie speler met baie talent op 10. Nie nodig om hom te mors op 15 nie wanneer ons baie talent het in J.Pietersen, H.Daniller, Taute en selfs Ludik.
Daniller het vrot gevaar teen die goeie spanne oorsee en sy lak werk is ook nie wats wonders nie. Ek sal eerder vir Aplon op heel agter dan sit maar wil onns rerig in n toets in gaan sonder monster voet Steyn? Ek meen enige strafskop 50 of minder is n moontlike 3
 
Vergewe my maar ek het vergeet van Du Plessis's and die Beast. Het die Sharks se laaste game gemis. Ek sal vir Beast en Jannie indruk. Verkieslik Coenie en Jannie. Hulle almal is mos Vrystaters
 
Latest posts

Top