Wel, as ek Boere i.p.v. boere gebruik het sou dit daar op neerkom dat mede Bull ondersteuners saam mag praat. Deur boere te gebruik sluit ek julle stormers by die gesprek in. Die versoeking was egter groot om te sê: "Ek hoor graag julle Boere en kolonialiste se mening", maar ek het nie geweet hoe dit by julle sou afgaan nie.
Toemaar ek joke net. Terug by die rugby. Weet
Julle wat geniet ek van die website, veral die afrikaanse blad, is die feit dat
Ons van mekaar kan verskil soos
Grootmense sonder om die ander
Ou af te kraak bloot oor
Hy 'n ander span ondersteun. Dis juis oor die rede wat ek 'n hele paar jaar terug weg is by keo.
Dis ook lekker dat
Jy redes gee oor hoekom
Jy van my verskil betreffende Duanne anders as om net sê: "sorry Duanne is die beste en klaar"
Ek hoor
Jou menings en
Jy maak wel geldige punte.
Jy is heeltemal korrek as
Jy sê Duanne doen wat hy doen dalk nie uitstekend nie, maar wel konstant. Dit is egter een aspek van die hele stormer span is die feit dat hulle konstant goeie rugby speel. Ek het al opgemerk dat Spies wel ouens terugdra, maar soos
Jy sê, hy moet eers die ou in die hande kry en dan is dit ook nie elke keer nie.
Al rede hoekom ek glo Heineke gaan Spies kies is omdat daar nie ander 8 (eerste keuses in hulle franchise) is wat regtig soveel beter is as Spies nie. Ons almal weet al dat vir 'n speler om 'n ander een uit die saal te lig, moet hy regtig heelwat beter wees en nie net-net nie. Persoonlik dink ek nie Duanne is soveel beter as Spies nie en verder is Duanne ook geneig om by "van-die-bal-af insidente" betrokke te raak. Hoe maar bietjie dop, as daar 'n geplukkrey en stampery is, is Duanne en Tiaan daar.
As ek nou 'n lostrio moet kies uit die huidige beskikbare spelers sal dit so wees: 8- CJ, 7- Jacques Potgieter, 6- Brusouw. Hulle is huidiglik die vorm spelers, maar ek weet HM sal gaan vir ervaring. Kolisi en Marcel Coetzee is nie ver agter nie. Ek dink regtig dat CJ 'n baie spesiale speler is en hy verbeter met elke wedstryd. Sy werkverrigting en betrokkenheid by die spel is tans die beste in die land.