• Help Support The Rugby Forum :

[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Die rar file is net n compressed storage file en dit word gehost op GameFront wat credible is
Blue b ek het geen issue om op die site te kom nie, issue moet op jou laptop wees, hy download reeds - ek gebruik Chrome by die werk, maar het met Firefox ook probeer, geen issue

Kom maar stadig af, nou al 20Mb gedoen uit die 300Mb uit
Sal more klaar wees

Thanx Tjom, maar die internet in Pretoria is vandag bitter stadig, ek skuld jou groot as jy dit vir my kan doen, sal dit regtig by jou kom kry, daai klein mannetjie van my sal bitter bly wees.
 
Is dit 'n .rar file...

Eish, weet jy hoe baie patches het ek al gedownload wat .rar files is en dan fokken werk dit net eenvoudig nie??? Sulke goed kan my mos poeskwaad maak!
Askies tog, maar mag ek maar... Ek gaan in elkgeval. HA HA HA HA!!!!!!!!
 
no problem mater, ek bly in Highveld Centurion maar gaan ook Saterdag Loftus toe, as jy gaan kan jy my daar ontmoet, sal op CD skryf vir jou; ander kom optel enige tyd by my kaya
 
Thanx Tjom, maar die internet in Pretoria is vandag bitter stadig, ek skuld jou groot as jy dit vir my kan doen, sal dit regtig by jou kom kry, daai klein mannetjie van my sal bitter bly wees.

Ja nee die Internet in Poloks is ook doos stadig vandag! Seker weer een of ander kont wat by telkom sit en snot eet.

Askies tog, maar mag ek maar... Ek gaan in elkgeval. HA HA HA HA!!!!!!!!

Ek was darem nie so kwaad toe ek dit getik het nie. Bly ek kon 'n smile op jou gesig sit, soos wat jou Avatar een op myne sit.
 
no problem mater, ek bly in Highveld Centurion maar gaan ook Saterdag Loftus toe, as jy gaan kan jy my daar ontmoet, sal op CD skryf vir jou; ander kom optel enige tyd by my kaya
Is jy een van die gelukkiges wat kaartjies kon kry? En ek is in elkgeval bietjie bang om hierdie game tekyk, jou span lyk goed die jaar, sal maar voor die TV moet sit. Laat weet my as jy klaar is, dan gooi ek n draai by jou, as dit so reg is? Sal vir jou n Klippie af gooi, wat jy in lemoene kan bewerk as jy by "LOFTUS" gaan kuier.:p
 
Thanx Tjom, maar die internet in Pretoria is vandag bitter stadig, ek skuld jou groot as jy dit vir my kan doen, sal dit regtig by jou kom kry, daai klein mannetjie van my sal bitter bly wees.

Blou B, is dit nou daai klein laitie in jou? Jy kan maar se; ons sal nie spot nie..
 
Ha ha, jy het my!! Jy moet sien hoe baie hou hy van R/C choppers en Tom-Toms ens, al vandat hy in doeke was. Ek moet natuurlik kyk dat hy nie seer kry nie, dan help ek hom maar. Thanx dat jy nie sal spot nie
 
Is jy een van die gelukkiges wat kaartjies kon kry? En ek is in elkgeval bietjie bang om hierdie game tekyk, jou span lyk goed die jaar, sal maar voor die TV moet sit. Laat weet my as jy klaar is, dan gooi ek n draai by jou, as dit so reg is? Sal vir jou n Klippie af gooi, wat jy in lemoene kan bewerk as jy by "LOFTUS" gaan kuier.:p

Een van my vriende het op my verjaarsdag party 7 kaartjies gekoop en die tjommas het hom terug betaal, al in Februarie
So ek gaan verniet
Sal jou laat weet as hy klaar gedownload het.
Het jy n memory stick om dit op te copy of moet ek op CD skryf?

P.S. Ek drink nie brandewyn nie, seker omdat ek nie vir die Bulle skree nie
Rum Papppie RUM
 
Dis nou bietjie van die topic af, maar ek het onlangs die slim idee gehad om so 'n redelik hoeveelheid vodka in 'n draught glas te moer, en toe castle. Bliksem maar daai slaan jou harder as jou pa se belt. Vodka en lemoensap is ook 'n gevaarlike kombinasie, dink dis 'n goeie ding dat ek vir 'n tyd van die drank af is! hahaha
 
hehe, gelukkig drink ek net as by die huis is en ons braai en/of rugby kyk op naweke, niks in die week nie

Maar ek moet bysê, hoe meer ek rugga kyk (of hoe beter die game is) proe my RedHeart rum mer en meer soos Oros, ek kyk, ek looooove Oros !
 
Dis nou bietjie van die topic af, maar ek het onlangs die slim idee gehad om so 'n redelik hoeveelheid vodka in 'n draught glas te moer, en toe castle. Bliksem maar daai slaan jou harder as jou pa se belt. Vodka en lemoensap is ook 'n gevaarlike kombinasie, dink dis 'n goeie ding dat ek vir 'n tyd van die drank af is! hahaha

Ja daai is lelik!

ek en my broers het ook ons eie drankie ontwerp, wat ons die Pierre noem - dis dieselfde prinsiep as 'n Jager-bomb, maar in plaas van Red Bull gebruik ons Bier, en in plaas van Jagermeister gebruik ons Tequila.

Kyk dit bliksem vir jou, maar proe lekker... dis soos jou pel se sexy ma...
 
Die een met die ferm tiette al is sy nog oud? mmmm....
 
Een van my vriende het op my verjaarsdag party 7 kaartjies gekoop en die tjommas het hom terug betaal, al in Februarie
So ek gaan verniet
Sal jou laat weet as hy klaar gedownload het.
Het jy n memory stick om dit op te copy of moet ek op CD skryf?

P.S. Ek drink nie brandewyn nie, seker omdat ek nie vir die Bulle skree nie
Rum Papppie RUM

Het n memory stick dankie!!! Ag maar ons Bulle drink klippies en piepie Red Heart. Nee spot sommer, n rooi hartjie op sy tyd is soos julle stormers sa se, mos banja lekka!!
 
Julle manne lyk my kuier bietjie harder en vuiler as ekke, LOL. Ek bly maar by my wyntjie en dan brandewyn/cognac of whisky/bourbon en dit moet sal ek 'n skeutjie tequila neem, maar ek vermy die ligte drank soos die pes... seker maar as gevolg van skoolervarings waar ek al lelik my kop gekap het met veral vodka.
 
Hallo julle,

ek weet ek is nou baie van die topic af, maar sal julle my verskoon as ek bietjie rugby praat.

Ek gaan self saterdag Loftus toe en verwag 'n groot game. As bulls die een verloor is ons in ons knor in, veral met die sharks wat nou so goed doen en easy games hierna oor het. Stormers behoort ook nie hulle oorblywende games te verloor nie.

Ek is bly Venter kan dalk speelkans kry. Sover die seisoen was hy ons beste senter gewees en feitlik al die senters aan sy buitekant veral WO het baie goed gelyk. Ek hoop hy kry genoeg speelkans en dat hulle JJ dan vleuel toe skuif. As hulle hougie vervang met Jano, kan hulle gerus hougie heeltemaal afhaal. Na die laaste paar games lyk dit of hy 'n ruskans nodig het.

Sadie is die grootste teleurstelling van die seisoen. Ek weet nie hoeveel van die blaam WO hiervan moet kry nie, want hy is self redelik useless. Die bulle se agterlyn het goed gelyk elke keer wanneer hy geskip is.

Gena, ek is Saterdag saam 'n klomp WP pelle(verder makeer hulle egter niks) by Trademarx van so 2 uur af. Gaan die Lions Sharks game ook sommer daar kyk. Kom maak bietjie 'n draai.
 
Hey Henco,

Ons gaan buite braai en shots gooi, oorkant Affies by die betalende parkeer area. Sal by die manne hoor of hulle daar wil draai maar ons kan mekaar bel op die dag - julle kan ons ook join - 4 Bulle en 3 Stormers
 
Ja lyk my die wp ouens is after all nie so bad as wat hulle voorgee nie!!! Ek stem saam oor Sadie, maar ek dink JJ is heel ooraait op senter, hulle moet hom net leer tackle
 
Hey Henco,

Ons gaan buite braai en shots gooi, oorkant Affies by die betalende parkeer area. Sal by die manne hoor of hulle daar wil draai maar ons kan mekaar bel op die dag - julle kan ons ook join - 4 Bulle en 3 Stormers

Die plan is om sommer vroeg iets by trademarx te gaan eet en bietjie daar te kuier en dan later bietjie "tent- crawling" te gaan doen op die B en C veld. Ek weet met die groter games is daar gewoonlik partykeer bands wat daar optree. Ons het gedink om dan terug te gaan Trademarx toe vir die sharks/ Lions game, as dit nie te vol gaan wees teen daai tyd nie. Ons sal maar sien hoe draai die dag uit. Ek is ook maar deur 'n vriend genooi wat seisoen kaartjies het, maar ek sal jou 'n luitjie gee deur die loop van die dag dan kan ons iewers voor die game dalk 'n ietsie saam drink.
 
Latest posts

Top