Menu
Forums
New posts
Search forums
What's new
New posts
Latest activity
Log in
Register
What's new
Search
Search
Search titles and first posts only
Search titles only
By:
New posts
Search forums
Menu
Log in
Register
Install the app
Install
Help Support The Rugby Forum :
Forums
Other Stuff
The Clubhouse Bar
[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?
JavaScript is disabled. For a better experience, please enable JavaScript in your browser before proceeding.
You are using an out of date browser. It may not display this or other websites correctly.
You should upgrade or use an
alternative browser

Reply to thread
Message

Ek is verveeld. Ek weet ons het 'n kans teen NZ komende naweek, maar ek kan nie help dink ons manne is plek-plek net te bloedjonk. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit maak my nogal opgewonde as ek dink dat daar sulke jong manne is wat nog vir 'n goeie kern gaan sorg en net sterker saam gaan speel. Ons weet natuurlik nie tot watter mate die kwotas impak gaan maak nie, maar ons het verseker langtermyn potensiaal om no.1 te haal en te hou IMO. Kom ons kyk betjie na die span posisie vir posisie:

1 Kitshoff (23) / Nyakane (26) / T Du Toit (20)

2 Okay, so Bissie, Brits en Strauss gaan nie veel langer diens doen nie, maar ten minste sal hul nog fort kan hou terwyl ons soek. My voorloper om binne die volgende jaar of twee op te staan is die Leeus se Malcolm Marx (21) en Armand van der Merwe (24 - alhoewel hy nou in Europa speel). Marx begin nou sy voete vind noudat Akker uit is. Die laaitie is 'n bulletjie. Ek het so 'n vermoede dat toetsrugby sal goed pas by hom.

3 Malherbe (24) / Koch (25) / T Du Toit (20)

4 Etzebeth (23) / Oupa Mohoje (25 - as hy sy spelpeil kan lig is daar geen rede dat hy nie meer Bok kan wees nie) / Mostert (24)

5 De Jager (22) PS Du Toit (23 - hopenlik kry hy reg om beserings te vermy en bou hy 'n vennootskap met Etzebeth by die Stormers)

6 Kriel (26) / Coetzee (24)

7 Coetzee (24 - ek voel mens kan bekostig om beide Kriel en Coetzee te speel, want albei dra die bal met net soveel mening as wat hulle hom jaag) / Kolisi (24)

8 Hier voel ek moet Vermeulen nog 'n twee jaar insit soos met Bissie en Strauss, want jy gooi nie Vermeulen weg sonder rede nie. Wie kan hier oorneem? Op 'n stadium was ek nogal besot op Carr en hy tjap die 'transformasie boksie', maar hy sukkel om sy merk te maak soos in 2014. Whiteley was bietjie stil; ek dink net hy pas nie so lekker in die Bok stelsel in nie. Dit kan mens seker sê van die meeste Leeus en Cheetahs spelers, maar ek voel tog daar is uitsonderings. As Arno Botha beseringvry kan bly kan hy dalk weer in die prentjie kom. Liebenberg? Hier sukkel ek so bietjie... (help?)

9 Die groot vraag!!! Ons sal of ons patrone moet verander, of meer verantwoordelikheid op ons 10 moet plaas of 'n regstreekse plaasvervanger vir Du Preez moet kry. EK voel 'n kombinasie van 1 en 2 is ons beste bet bloot eenvoudig omdat ons sterk spelers in die posisie reeds het wat ons net rondom moet werk. Ek praat nou van Hougaard (27), De Klerk (24) en Reinach (25). Kies net die twee wat op beste vorm is. Eenvoudig. Hulle is al 3 eenderse spelers en ek dink hul is al drie klas in die regte omgewing, maar gemors in 'n Boktrui soos die Bokke se spelpatroon huidiglik daartoe na uitsien. Erens sal iets moet bes gee en Du Preez gaan nie nog 4 jaar haal nie en ek sien nie iemand in sy tipering rondhang in SA rugby nie.

10 Pollard (21) / Lambie (25) / Goosen (23 - mense vergeet van hom, maar die lat is jonk en sy spel kry goeie dimensie by Racing 92 en volgende seisoen het hy Carter langs hom as mentor)

12 De Allende (23)

13 Kriel (21) / Serfontein (22)

11 / 14 Hier is ons rojaal gefok met 'n hoofletter... eintlik almal hoofletters: GEFOK. Ons kort vleuels wat meer as twee boksies aftik. Haban is 32 en JPP en Mvovo albei 29. Ek kan nie aan veel opsies dink nie. Ek neig om te sê ons met uit posisie uit dink, maar ons het kwotas om te vervul en die minister was nie gelukkig toe Jesse Kriel op vleuel uitdraf nie. Hougaard, Le Roux en Combrinck ook opsies, maar albei wit. So ook Van Wyk by die Stormers - ek soek nou iemand met bietjie krag... die het Van Wyk, maar sy hande stel hom dan en wan teleur. Mapoe? Kolbe? Skosan of Mjekevu? Die Bulle se manne is seker ons beste opsies vorentoe?

15 Soos met die vleuels is ek bietjie besig o kp te krap. Le Roux het nou een te veel keer sy kans verbrou vir my. Dit sal ook jammer wees as ons Jesse Kriel heeltyd rondneuk.

Ai, hoekom het ek nie van 15 af 1 toe getel nie. Nou is ek mismoedig. Maar in elk geval, benewens die agterste drie en die feit dat ons plaasvervangers vir Bismarck, Du Preez en Vermeulen moet kry in kritiese posisies lyk ons jong manne klaar jags. Lekker.

[QUOTE="TRF_stormer2010, post: 763156, member: 39190"] Ek is verveeld. Ek weet ons het 'n kans teen NZ komende naweek, maar ek kan nie help dink ons manne is plek-plek net te bloedjonk. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit maak my nogal opgewonde as ek dink dat daar sulke jong manne is wat nog vir 'n goeie kern gaan sorg en net sterker saam gaan speel. Ons weet natuurlik nie tot watter mate die kwotas impak gaan maak nie, maar ons het verseker langtermyn potensiaal om no.1 te haal en te hou IMO. Kom ons kyk betjie na die span posisie vir posisie: 1 Kitshoff (23) / Nyakane (26) / T Du Toit (20) 2 Okay, so Bissie, Brits en Strauss gaan nie veel langer diens doen nie, maar ten minste sal hul nog fort kan hou terwyl ons soek. My voorloper om binne die volgende jaar of twee op te staan is die Leeus se Malcolm Marx (21) en Armand van der Merwe (24 - alhoewel hy nou in Europa speel). Marx begin nou sy voete vind noudat Akker uit is. Die laaitie is 'n bulletjie. Ek het so 'n vermoede dat toetsrugby sal goed pas by hom. 3 Malherbe (24) / Koch (25) / T Du Toit (20) 4 Etzebeth (23) / Oupa Mohoje (25 - as hy sy spelpeil kan lig is daar geen rede dat hy nie meer Bok kan wees nie) / Mostert (24) 5 De Jager (22) PS Du Toit (23 - hopenlik kry hy reg om beserings te vermy en bou hy 'n vennootskap met Etzebeth by die Stormers) 6 Kriel (26) / Coetzee (24) 7 Coetzee (24 - ek voel mens kan bekostig om beide Kriel en Coetzee te speel, want albei dra die bal met net soveel mening as wat hulle hom jaag) / Kolisi (24) 8 Hier voel ek moet Vermeulen nog 'n twee jaar insit soos met Bissie en Strauss, want jy gooi nie Vermeulen weg sonder rede nie. Wie kan hier oorneem? Op 'n stadium was ek nogal besot op Carr en hy tjap die 'transformasie boksie', maar hy sukkel om sy merk te maak soos in 2014. Whiteley was bietjie stil; ek dink net hy pas nie so lekker in die Bok stelsel in nie. Dit kan mens seker sê van die meeste Leeus en Cheetahs spelers, maar ek voel tog daar is uitsonderings. As Arno Botha beseringvry kan bly kan hy dalk weer in die prentjie kom. Liebenberg? Hier sukkel ek so bietjie... (help?) 9 Die groot vraag!!! Ons sal of ons patrone moet verander, of meer verantwoordelikheid op ons 10 moet plaas of 'n regstreekse plaasvervanger vir Du Preez moet kry. EK voel 'n kombinasie van 1 en 2 is ons beste bet bloot eenvoudig omdat ons sterk spelers in die posisie reeds het wat ons net rondom moet werk. Ek praat nou van Hougaard (27), De Klerk (24) en Reinach (25). Kies net die twee wat op beste vorm is. Eenvoudig. Hulle is al 3 eenderse spelers en ek dink hul is al drie klas in die regte omgewing, maar gemors in 'n Boktrui soos die Bokke se spelpatroon huidiglik daartoe na uitsien. Erens sal iets moet bes gee en Du Preez gaan nie nog 4 jaar haal nie en ek sien nie iemand in sy tipering rondhang in SA rugby nie. 10 Pollard (21) / Lambie (25) / Goosen (23 - mense vergeet van hom, maar die lat is jonk en sy spel kry goeie dimensie by Racing 92 en volgende seisoen het hy Carter langs hom as mentor) 12 De Allende (23) 13 Kriel (21) / Serfontein (22) 11 / 14 Hier is ons rojaal gefok met 'n hoofletter... eintlik almal hoofletters: GEFOK. Ons kort vleuels wat meer as twee boksies aftik. Haban is 32 en JPP en Mvovo albei 29. Ek kan nie aan veel opsies dink nie. Ek neig om te sê ons met uit posisie uit dink, maar ons het kwotas om te vervul en die minister was nie gelukkig toe Jesse Kriel op vleuel uitdraf nie. Hougaard, Le Roux en Combrinck ook opsies, maar albei wit. So ook Van Wyk by die Stormers - ek soek nou iemand met bietjie krag... die het Van Wyk, maar sy hande stel hom dan en wan teleur. Mapoe? Kolbe? Skosan of Mjekevu? Die Bulle se manne is seker ons beste opsies vorentoe? 15 Soos met die vleuels is ek bietjie besig o kp te krap. Le Roux het nou een te veel keer sy kans verbrou vir my. Dit sal ook jammer wees as ons Jesse Kriel heeltyd rondneuk. Ai, hoekom het ek nie van 15 af 1 toe getel nie. Nou is ek mismoedig. Maar in elk geval, benewens die agterste drie en die feit dat ons plaasvervangers vir Bismarck, Du Preez en Vermeulen moet kry in kritiese posisies lyk ons jong manne klaar jags. Lekker. [/QUOTE]
Verification
Post reply
Forums
Other Stuff
The Clubhouse Bar
[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?
Top